... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Om ‘n Leuen Uit Te Ken

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 8:31,44 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”… Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen

Listen to the radio broadcast of

Hoe Om ‘n Leuen Uit Te Ken


Download audio file

Misleiding kom vandag oral voor. Dis die siekte van ons tyd! Redakteurs en joernaliste dis dit al jare lank, met hul eie perspektief daaroor, as ‘nuus’ op; maar my maat, dit is deesdae besig om hand uit te ruk. Fopnuus vier hoogty. Ons word so gekondisioneer deur alles rondom ons, dat dit al hoe moeiliker word om die waarheid, te midde van al die leuens, raak te sien.

En dit is nie net op die terrein van nuus en inligting wat ons met hierdie probleem stoei nie. Dit gebeur ook in ons persoonlike lewens. Hoe dikwels is jy al deur iemand, wat voorgee om ‘n vriend te wees, maar eintlik net iets van jou wil hê, gemanipuleer?

Hier is ‘n belangrike vraag: … hoe identifiseer jy ‘n leuen wanneer jy dit teëkom?

Johannes 8:31,44 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”…

Vers 44: Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af ‘n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ‘n leuenaar en die vader van die leuen.

En die antwoord lê in dit wat Jesus hier sê: die manier om ‘n leuen raak te sien, is om die Waarheid te ken. Ja, die manier om ‘n leuen raak te sien, is om na Hom te luister, om nie net sy boodskap te aanvaar nie, maar om dit te gehoorsaam. Wees op jou hoede, want die duiwel het sekergemaak dat die wêreld van leuens deurdrenk is. Maar daardie leuens word al hoe duideliker en makliker om te onderskei, wanneer Jesus se Waarheid jou hart vul.

Volg Jesus. Aanvaar en gehoorsaam sy woorde… en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy