... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Dikwels Kla Jy?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 10:10,11 En moenie mor soos sommige van hulle nie, want dit is die rede waarom God die doodsengel gestuur het om hulle dood te maak. Al hierdie dinge het met hulle gebeur as ’n voorbeeld vir ons, en is neergeskryf om ons te waarsku – ons wat hier teen die einde van die wêreldgeskiedenis leef. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hoe Dikwels Kla Jy?


Download audio file

Daar is niks erger as ‘n neulkous nie. Is daar? Iemand wat gedurig oor alles kla, asof die wêreld hulle iets skuld. Niks is ooit goed genoeg nie. Niemand is ooit goed genoeg nie. Die lewe is ‘n nagmerrie.

Geniet jy dit om saam met so ‘n neulkous te wees? Probeer jy nie soms die pad oorsteek om hulle te vermy, wanneer jy sien dat hulle na jou kant toe mik nie? Nee, ou maat, kermkouse en mense wat oor alles kla, is beslis nie goeie geselskap nie.

Goed dan, kom ons kyk net vir ‘n oomblik hierna vanuit God se perspektief. Hy hoor elke gedagte wat ons het, Hy weet alles wat ons doen. So, of ons innerlik mor of hardop kla, Hy is bewus daarvan.

Dink jy God geniet hierdie negatiewe dinge wat ons dink of sê? Nee, beslis nie. Kyk wat het God tydens die Israeliete se uittog uit Egipte na die Beloofde Land, gedoen:

1 Korintiërs 10:10-12  En moenie mor soos sommige van hulle nie, want dit is die rede waarom God die doodsengel gestuur het om hulle dood te maak. Al hierdie dinge het met hulle gebeur as ’n voorbeeld vir ons, en is neergeskryf om ons te waarsku – ons wat hier teen die einde van die wêreldgeskiedenis leef. (NLV)

Ons kan beslis hieruit aflei dat God nie ons gekerm baie geniet nie. Dit is ‘n belediging vir Hom en ek en jy moet ag slaan op hierdie waarskuwing. Om te kla, vernietig jou. Dit vreet soos ‘n kanker aan jou siel.

Maar, hoeveel kragtiger, meer doeltreffend en lewensveranderend sal dit vir ons wees om oor ons probleme te bid, in plaas daarvan om daaroor te kla.

En moenie mor soos sommige van hulle nie, want dit is die rede waarom God die doodsengel gestuur het om hulle dood te maak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy