... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Heiligmaking 101

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Tessalonisense 4:3-6 Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie. Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys.

Listen to the radio broadcast of

Heiligmaking 101


Download audio file

Dis soms moeilik om jou sake in orde te kry. En nou praat ons van enige sake in jou lewe wat jy moet regruk. Om ‘n nuwe blaadjie om te slaan was nog nooit kinderspeletjies nie… Dit lyk asof te veel dinge jou in ‘n wurggreep wil vasklou en jou wil aftrek. Klink dit bekend? Of gebeur dit net met my?

Daardie skoonmaak-proses is die “heiligmaking” waarna teoloë verwys. En uit sy groot liefde, is dit presies wat God wil hê ons moet doen:

1 Tessalonisense 4:3-6 Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie. Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys.

Dit is ‘n ernstige waarskuwing! Dit waarsku ons baie duidelik teen die situasies waar ons ons eie sonde met ‘n kopknik en ‘n knipoog onder die mat wil invee.

Maar moenie dink dis ‘n nietigheid nie – God neem ons sonde so ernstig op, dat Hy Jesus gestuur het om aan ‘n Kruis te sterf om die prys wat sy geregtigheid vereis, te betaal. Glo in Hom en vra Hom om jou sondes volkome te vergewe.

Dis reg, maar nou roep God jou na ‘n nuwe lewe. Hy wil jou vrymaak van die gevolge van jou sonde deur jou sonde op te ruim. En dit is nie iets wat jy op jou eie gaan doen nie, want Hy stuur sy Gees – die Heilige Gees – om in jou te woon, om jou te bemagtig en om jou heilig te maak.

So, wanneer jy in die versoeking kom om jou sonde ligtelik op te neem, onthou: Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe.

En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy