... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Heiligheid 101

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 12:14 Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir 'n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Listen to the radio broadcast of

Heiligheid 101


Download audio file

Kan ek jou vandag vra om net ‘n bietjie stil te staan en te dink aan wat die nommer een prioriteit in jou lewe is? Jy weet mos dis belangrik, want jou prioriteite bepaal die res van jou lewe.

As ons nie gereeld oor ons prioriteite nadink nie, sal ons outomaties, sonder om te dink, net dieselfde foute oor en oor maak. En dit is ongelooflik hoe vinnig die lewe verbyvlieg.

My grootste prioriteit is om God te eer. Ek dink en bid elke oggend daaroor. Dit slaan nog steeds my voete onder my uit wanneer ek daaraan dink dat Jesus gesterf het om vir my sondes te betaal. Hy is bo-aan my lys. Ek wil my lewe vir Hom leef. Ek het Hom lief. Ek wil Hom eer. Wat is bo-aan jou prioriteitslys?

Gelukkig hoef ons, soos ons die afgelope paar dae gesien het, dit nie in ons eie krag te probeer doen nie. Glo in Jesus en Hy stuur sy Gees, die Heilige Gees, om jou te bemagtig en om jou lei skoon te vee; of soos die teoloë sou sê, om jou te “heilig.”

Maar óns rol in daardie vennootskap is om God te eer, om “heiligheid” ons nommer een prioriteit te maak. Dis die verskil tussen ‘n gelowige en ‘n dissipel; tussen iemand wat slegs met sy kop glo dat Jesus vir hom gesterf het, en iemand wat met sy hele hart en lewe vir Hom leef.

Hebreërs 12:14 Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ‘n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Met ander woorde, maak heiligheid dié keuse in jou lewe; Eer God as jou nommer een prioriteit; lewe vir Hom.

Heiligheid – jou heiligheid – is ‘n vennootskap. Jy hoef dit nie alleen aan te pak nie; máár jy het ‘n groot rol om te speel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy