... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Resep Vir Vrede (5)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Listen to the radio broadcast of

Die Resep Vir Vrede (5)


Download audio file

Vrede gaan oor meer as die hantering van dít wat met jou gebeur – die mense, die omstandighede, die uitdagings – al daardie eksterne faktore. Ware vrede behels ook dat jy vrede het met wie jy is; dat jy jou plek in die wêreld verstaan en waardeer.

‘n Gesonde eiewaarde is ‘n noodsaaklike deel daarvan om die vrede wat God vir jou wil gee, te ervaar. En tog, wanneer ons onsself vergelyk met daardie pragtige, suksesvolle, ryk mense daar buite, met hul gelukkige huwelike en goed aangepaste kinders, skiet ons so dikwels ver te kort.

Dit wat ek kan doen, my moontlike bydrae, is so klein, so onbeduidend in vergelyking met al daardie slim mense daar buite.

Dit is hoe ons oor onsself voel wanneer ons die wêreld as ons maatstaf vir sukses gebruik. Maar hoe sal ons lewe lyk as ons, eerder as om soos hulle te probeer wees, en om vir daardie wispelturige gehoor daar buite te speel, gekies het om vir ‘n gehoor van Een te leef?

Kolossense 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Jou waarde en my waarde, word nie bepaal deur hoe ons teen die skare opweeg of wat hulle van ons dink nie. Wanneer ons vir daardie gehoor van Een lewe, is ons waarde nooit ‘n faktor nie, want ons weet dat Jesus vir ons gesterf het. Dít bepaal ons waarde … sy dood vertel jou wat jy werd is!

So, En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles … doen dit vir Hom. Leef jou lewe vir Jesus as jou Here. Word meer en meer soos Hy … leef meer en meer vir Hom.

En, dank God die Vader, deur Jesus, in alles wat jy doen.

Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy