... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Resep Vir Vrede (2)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:12-14 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

Listen to the radio broadcast of

Die Resep Vir Vrede (2)


Download audio file

Weet jy, dit is soms nogal ongerieflik om die waarheid te hoor. Jou houding teenoor die moeilike mense in jou lewe kan jou gevoel van God se vrede versterk, of jou daarvan beroof. Maar my vriend, jy moet verstaan dat jou vrede nie afhanklik van húlle gedrag is nie. Jou vrede word bepaal deur hoe jy kies om op hulle gedrag te reageer. Dis ‘n bietjie ongerieflik, maar absoluut waar.

Dit is dalk wat jy nie wil hoor nie. Ja, dit is so maklik om die vinger na daardie mense wat jou van jou vrede beroof, te wys; daardie moeilike mense wie se verskriklike gedrag jou gevoel van vrede en geluk (weereens!) heeltemal ontwrig het.

Goed, ek gee toe, hulle moes hulself beslis beter gedra het. Hulle moes jou nie van jou vrede beroof het nie. Maar gedane sake het geen keer nie. Jy kan nooit die oorlosie terugdraai nie.

Gister het ons die eerste deel van God se oplossing gesien. Ek verwys na die verhoudings waarvan ek so pas gepraat het: jou houding (en myne ook) teenoor hulle.

Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

In plaas daarvan om aanstoot te neem; hersien jou gesindheid – wees vol genade, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, vergifnis … en vrede.

Maar daar is iets selfs belangriker wat die basis van so ‘n verhouding vorm:

Kolossense 3:14 Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy