... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die resep Vir Vrede (1)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Listen to the radio broadcast of

Die resep Vir Vrede (1)


Download audio file

Soveel dinge in die lewe kan jou van jou vrede beroof. Maar bo-aan die lys is menseverhoudings. Verhoudings met daardie moeilike mense. Konflik, ‘n skerp woord, of selfs ‘n skewe kyk, kan jou vrede in ‘n oogwink soos mis voor die son laat verdwyn.

Jy weet mos hoe dit gaan. Jy klim met ‘n lied in jou hart en met die regte voet uit die bed uit; jy het die beste voornemens om ‘n goeie dag te hê en om in die vrede en die vreugde van die Here te lewe… Maar die eerste e-pos wat jy lees; die eerste persoon met wie jy praat … kolskoot! Net daar waai jou voornemens by die voordeur uit.

Hoe durf hulle? Ek verdien respek. Ek sal hulle wys!

So, hoe gaan jy te werk om jou pad in die vrede wat God vir jou dag beplan het, te leef? Sy vrede is een van sy groot geskenke aan sy kinders.

Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Ek is geregtig op beter behandeling en respek! Dis ons reaksie op daardie moeilike mense wat ons van ons vrede beroof. Maar wat sal gebeur as ons ’n ander gesindheid teenoor daardie mense, wat ons van ons vrede beroof, openbaar?

Betoon genade aan ander, wees meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam.

Hoeveel genade het God aan jou bewys? En hoeveel keer het Hy jou al vergewe?

As jy voel mense het jou kwaad aangedoen, vergewe hulle. Vergewe ander mense, want die Here het jou vergewe.

Betoon genade, vergewe en wees vriendelik, nederig en sagmoedig, … en leef in vrede.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy