... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Onsin van die Kruis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”

Listen to the radio broadcast of

Die Onsin van die Kruis


Download audio file

Kan ek jou vandag ‘n bietjie vra: hoe slim is jy? En terwyl jy terugdink aan jou lewe: hoe lyk jou lewenspad? Getuig dit van  wysheid? Miskien het jy redelik goed gevaar. Maar jy het waarskynlik, nes ek, daarin geslaag om meer as een keer die pad, met rampspoedige gevolge, byster te raak.

Wysheid is ‘n onberekenbare ding. My wysheid is dalk anders as jou wysheid – ons is immers baie verskillende mense met baie verskillende lewenservaring, verskillende agtergronde, selfs met verskillende kulture.

En aangesien wysheid met verloop van tyd deur die een ervaring op die ander ontwikkel, kan ek en jy heel verskillende sienings hê oor wat wysheid regtig is.

In my jonger jare het ek gedink ek is redelik slim. As jy my destyds gevra het om my wysheid op ‘n skaal van nul tot tien te plaas, sou ek myself ‘n 8 ½ gegee het … ‘n baie duidelike bewys dat ek alles behalwe wys was; trots, is waarskynlik meer in die kol, as wys. Toe op ‘n dag het alles skeef geloop en ek het bedroë daarvan afgekom … maar tydens daardie verskriklike, pynlike tyd, het ek ‘n nuwe wysheid ontdek wat my wêreldse wysheid heeltemal vernietig het:

1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”

Dit maak nie saak hoe slim ons dink ons is nie; dit maak nie saak hoe dwaas ons ook al gedink het al die Christen-dinge was nie, die wysheid van die Kruis van Christus, die opoffering van God self om mense soos ons te red, is die krag, die enigste krag, wat ons van onsself kan red en tot in alle ewigheid kan neem.

Jesus verander alles.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy