... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Leiers Verloor hulle Mag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 2:6 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan.

Listen to the radio broadcast of

Die Leiers Verloor hulle Mag


Download audio file

As jy na die wêreldleiers kyk, is daar talle van hulle wat despote is. Hulle dikteer hoe mense moet leef en wat hulle moet glo. Dis skrikwekkend.

Maar daardie despotisme raak ons baie meer persoonlik as wat jy dalk mag dink. Selfs al leef jy, soos ek, in relatiewe vryheid, word ons meer en meer vertel wat ons moet dink en glo … en wee enigiemand wat homself daarteen uitspreek.

In my eie land, ‘n demokrasie, is daar ‘n paar dinge wat ek met my hele hart glo, wat ek, nie op die lug kan sê nie. Dis uit vrees dat die radiostasie waarop die daaglikse VARS-boodskappe uitgesaai word, se lisensie opgeskort kan word.

En hierdie onderwerpe wat nou verbode is, is geensins radikaal of vermetel nie – dit gaan oor beginsels wat ‘n tydjie gelede ons denke gevorm het en wat vir almal heeltemal aanvaarbaar was. Ja, my vriend, hoe verder ons samelewing wegdryf van die liefde van God, hoe verder dryf óns weg van die liefde van God en hoe meer ontaard sogenaamde wysheid.

Maar dit is geensins ‘n nuwe ding nie. Kyk wat die apostel Paulus 2 000 jare gelede oor hierdie selfde saak geskryf het in:

1 Korintiërs 2:6 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan ‘n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan.

Maar, my vriend, wees gerus, terwyl ons hier praat, is diegene wat probeer om ons gedagtes en oortuigings te dikteer, besig om hul mag te verloor. Moenie bang wees nie, jou God se wysheid is nie van hierdie wêreld nie. Dis waarom jy jou lewe in die oorwinning van sy liefde kan leef.

Sy wysheid is ‘n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy