... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag van Sy Woord

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 1:23-26 Skielik was daar in hulle sinagoge ’n man met ’n onrein gees wat begin uitroep: “Los ons uit, Jesus van Nasaret! Het jy gekom om ons te vernietig? Ek ken jou – jy is die Heilige van God!” Maar Jesus het hom bestraf en beveel: “Bly stil, en gaan uit hom uit!” Daarop het die onrein gees hom stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en uit hom uitgegaan.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Krag van Sy Woord


Download audio file

As ons maar net rondkyk, sal ons die boosheid oral om ons raaksien. Ja, soms wil ons nie eers meer kyk nie, omdat dit net eenvoudig te erg word. En so gaan ons maar net voort met die lewe… Maar daar is één plek waar ons nie verwag om boosheid te vind nie; waar ons nie eers durf kyk nie.

Boosheid is so ‘n sterk woord dat ons selde, indien ooit, aan onsself wil dink as boos. Maar hoe dikwels is dit ons self wat konflik veroorsaak? Hoe dikwels is dit ons vooroordele wat keer dat God se liefde deur ons na die lewens van ander vloei? En hoe dikwels is dit ons selfsug wat in die pad van ander se redding kom?

Daardie groot duisternis in die siel is ‘n verskriklike ding. En dit is daardie einste boosheid (kom ons sê dit kaalkop!) waarvan Jesus gekom het om vir jou en vir my vry te maak. Vry om goed te doen. Vry om ander, ongeag die prys, lief te hê. Vry om te wees wie Hy ons geskep het om te wees; om die impak te hê wat Hy altyd beplan het om déúr ons in hierdie wêreld te maak. Maar hoe kry jy daardie vryheid?

Markus 1:23-26 Skielik was daar in hulle sinagoge ’n man met ’n onrein gees wat begin uitroep: “Los ons uit, Jesus van Nasaret! Het jy gekom om ons te vernietig? Ek ken jou – jy is die Heilige van God!” Maar Jesus het hom bestraf en beveel: “Bly stil, en gaan uit hom uit!” Daarop het die onrein gees hom stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en uit hom uitgegaan. (NLV)

Dit maak nie saak in watter vorm daardie boosheid in jou lewe ook al voorkom nie, wanneer Jesus praat, maak Hy jou vry. Soos Hy gesê het: Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees. Daar is sulke krag in sy Woord. Krag om jou vry te maak om alles te wees wat Hy jou gemaak het om te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy