... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bekering 101

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.

Listen to the radio broadcast of

Bekering 101


Download audio file

Hier is ‘n vraag vir jou: As God deur Jesus se offer aan die Kruis, ons sonde vergewe het, moet ons dan die manier waarop ons leef, verander? Moet ons wegdraai van ons sonde wat ons in die eerste plek van God vervreem het? Is sy offer dan nie genoeg nie?

Nouja, dis ‘n vraag wat selfs baie mense wat in Jesus glo, opsetlik vermy. Indien God se vergifnis, wat tog per slot van rekening suiwer gebaseer is op wat Jesus vir ons gedoen het, en nie op ons eie goeie dade nie (en dit is presies wat ek glo), dan kan ons mos maar ewe vrolik aanhou leef soos ons nog altyd geleef het? Is dit die korrekte gevolgtrekking?

 Hier’s nog ‘n vraag: Moet ‘n man ophou om by ander vroue te kuier, om getroud te wees? In teorie is sy huweliksertifikaat tog die bewys dat hy getroud is. Maar dit is tog absurd. Sy vrou het die volste reg om van hom te verwag om aan haar getrou te wees.

En dis hoe dit met God werk. Dit gaan nie net oor een of ander mooi klein sondaarsgebedjie wat ons ‘n honderd jaar gelede opgesê het nie, maar die wyse waarop ons ons lewens leef.

 Handelinge 2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.

Wat is die heel eerste ding wat die Apostel Petrus vir daardie skare aansê om te doen: vir daardie einste mense, wat net weke gelede geskree het: “Kruisig Hom!”

Bekeer jou – draai weg van jou sonde. Dit is die bewys dat jy in Jesus glo, nie net met jou kop nie, maar met alles wat jy is. Dit is die bewys van jou getrouheid aan Hom.

“Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy