... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

As Jy Twyfel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Klaagliedere 3:22-24 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

As Jy Twyfel


Download audio file

Sal jy vandag saam met my terugreis in tyd? Onthou jy daardie onverwagte kinkels en draaie, die lang droë woestynpaaie en die aangename wandelings deur die bos, die koue nat dae en die helder sonskyndae, die diep donker valleie en die lafenis van die bergtoppe?

Die lewe, was tot dusver nogal ‘n interessante reis, of hoe? As jy aan die begin van jou lewe ‘n draaiboek moes skryf, sou dit ongetwyfeld nie lyk na die lewe wat jy tot op hierdie punt gelei het nie.

Miskien het jy jou lewe sonder ‘n gerusstellende wete van God se Teenwoordigheid geleef. Miskien het jy nog altyd geglo. Of, miskien soos in my geval, het dit iewers langs die pad eers vir jou ‘n werklikheid geword.

Waar jy ook al was, waar jy ook al nou is en, nog belangriker, waarheen jy ook al op pad is, daar is een waarheid wat deur alles heeltemal onveranderd bly:

Klaagliedere 3:22-24 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (NLV)

Deur al daardie vet jare en deur al daardie maer jare, of ons dit nou besef het of nie, was die Here ons God met ons. Hy het ons deurgedra al was dit hoe koud en nat, hoe donker en hopeloos. Hy was saam met ons verheug oor die goeie tye, al het ons dit nie geweet nie. Hy het getreur toe ons gehuil het.

Hy laat die son elke oggend opkom ongeag wat die vorige dag gebeur het. ‘n Mens kan op God vertrou. Hy is elke oggend daar. Hy is getrou.

Terwyl jy die toekoms tegemoet gaan, mag jy altyd vir jouself sê: My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy